
=====================================================================
Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans word net in SA gesing -- s wie?

Joubero Malherbe   delf in haar skatkis van musiekherinneringe en bring kennis-kleinode te voorskyn.

DIE foon lui. Dis Pieter de Villiers op soek na 'n telefoonnommer. "Haai,   Cousin," voeg hy by, "ek hoor in Musiekposbus dat my Sewe 
Boerneef Liedjies nou glo ook in Japan gesing word," en lag heerlik daaroor.

In 'n onderhoud het Herman le Roux,   tans professor in sang aan die Konservatorium vir Musiek in San Francisco in Amerika, aan my ges dat 
hy hierdie liedere van Pieter de Villiers op sy wreldtoere sing. N 'n verduideliking van die inhoud is die ontvangs volgens hom 
oorweldigend.

Selfs gedurende die Anglo-Boereoorlog was dit niks vreemds om in Nederland en in Vlaandere liedere betreffende die oorlog te hoor nie. 
Reeds in Mei 1898 het die Nederlandsch-Zuidafrikaansche Vereniging   besluit om 'n Nederlandsch Volksliederenboek met 'n afdeling 
Zuidafrikaansche Liederen uit te gee.

Die oorlog het die poging gefnuik, want n die Britse besetting van Pretoria moes dr. N. Mansvelt, samesteller van die bundel, op militre   
bevel die land verlaat. Van die liedere het met hom na Nederland saamgegaan. In 1904 kry hy die opdrag van die NZAV om voort te gaan met 
die bundel. Liedere wat heel moontlik toe veral in Nederland gesing is, was die Transvaalse volkslied, "Kent gij dat volk" van Catharina 
van Rees, en sekerlik "De Wet, De Wet", wat eers 'n kommandolied en later 'n ballingslied was.

Ook van ons volksliedjies was toe al gewild, en hulle word selfs vandag nog in die Dietse lande gehoor.

Van groter belang is die bekendstelling van die Afrikaanse kunslied. Hiermee wil mens bydraes van volksangers soos Josef en Miranda Marais, 
en Eve Boswell,     wat oral oorsee sogenaamde "piekniekliedjies" gesing het, nie geringskat nie. Dit is in goeie smaak aangebied, 
gewoonlik in Afrikaans n Engels.

In die vroe jare van hierdie eeu het baie Afrikaners in Nederland gaan studeer. A.D. Keet   het, terwyl hy in Amsterdam in die medisyne 
gestudeer het, gedigte geskryf. Die gedigte is so goed ontvang dat Nederlandse komponiste soos Arnold Spoel en   J.P.J. Wierts daarvan 
getoonset het.

  Later het nog ander hulle voorbeeld gevolg, soos die VlamingEmiel Hullebroeck   en die Nederlander Anna Lambrecht-Vos. Tussen ou 
bladmusiek vind ek   "Komaan" (Jan F.E. Celliers),   "Aan my moedertaal" (A.D. Keet) en   "Kom dans met my" (C. Louis Leipoldt), almal 
getoonset deur Anna Lambrecht-Vos,   wat deur die voordragte van Danie Smal   genspireer is. Talle van hierdie werke is in Nederland 
uitgevoer. Emiel Hullebroeck het Suid-Afrika in 1920-1921 deurreis en in meer as sestig dorpe en stede sangaande met groot entoesiasme 
gelei.

In sy bundel "6 Afrikaanse Kunsliedere" gebruik hy werk van ons digters. Vandag nog is "Lamtietie damtietie" met woorde van Langenhoven 'n 
immergroen wiegeliedjie.

Nog 'n beroemde Vlaming wat deur die Afrikaanse taal meegevoer is, was die orrelvirtuoos Flor Peters. Sy koorwerke en sololiedere het oral 
byval gevind   en is dikwels in Nederland uitgevoer. Gedigte soos "Verre Reis" van W.E.G. Louw en "Aan die Kruis" van A.D. Keet is deur hom 
getoonset.

Vir die kunslied gekomponeer deur Suid-Afrikaners was 1908 miskien die beginjaar. Bosman di Ravelli (Jan Gysbert Hugo Bosman) het in Europa 
as     musikus bekendheid verwerf. Met sy terugkeer het die gedigte van onder andere Eugne Marais, Totius en Jan F.E. Celliers 'n groot 
indruk op hom gemaak. Hy komponeer in 1908 "Winternag", "Die Howenier" en "Die Veldwindjie". Die sangeres Daisy Maartens, begelei deur 
Bosman di Ravelli, het hierdie   liedere oral gesing en met die komponis se terugkeer in 1910 na Europa was die liedere in sy tas om daar 
uitgevoer te word.

In 1914 het die sukses van Stephen Eyssen se "Segelied" ander musici   aangespoor om ook Afrikaanse kunsliedere te komponeer. S. le Roux 
Marais,   Johannes Joubert (regte naam Haydn Matthews), Sydney Richfield,   John Pescod,       P.J. Lemmer en die Roode-broers, om maar 
enkeles te noem, het sy voorbeeld gevolg. Talle van hierdie liedere is oorsee gesing.

In 1969 het Suna Korat van Turkye   die rol van Violetta in "La Traviata" van Verdi vir Truk kom sing. Sy was by ons tuis en soos ons maar 
altyd maak, het ons van ons liedere voorgespeel. Suna was in vervoering oor Mimi Coertse se opnames van S. le Roux Marais se liedere. Ek 
was verplig om die bladmusiek vir   haar te kry en die uitspraak foneties in te skryf. Sy het die liedere in Turkye gesing. N 'n rukkie 
kom daar toe 'n brief waarin sy 'n foto van die komponis vra, want die Turke wil weet hoe hy lyk.

In die oorlogsjare 1939-1945 was die komponis Arnold van Wyk in Londen en   werksaam by die Afrikaanse diens van die BBC. Hy het -- glo dit 
as jy wil -- in Afrikaans uitgesaai. Van sy komposisies is toe ook uitgevoer. In 1968, terwyl Van Wyk op besoek in Engeland was, is 'n 
huldigingskonsert vir hom in die Wigmore Hall aangebied. Sy werke is voorgedra en Sybil Michelow het sy Afrikaanse liedere gesing. Een van 
die hoogtepunte in   sy lewe was toe sy liedsiklus "Van Liefde en Verlatenheid" in 1953 tydens die Kongres van Internasionale Kontempor_re 
Musiek in Haifa in Israel deur Betsy de la Porte gesing is, met hom as begeleier.   Nog interessante uitvoerders van Arnold van Wyk se 
liedere is: die Duitse bariton Heinrich Schlusnus, wat "Vier Weemoedige   Liedjies" nie net oral gesing het nie, maar ook opgeneem het; en 
Mimi Coertse, wat in Oostenryk en Engeland   ook die "Vier Weemoedige Liedjies" uitgevoer het. Op een van haar eerste plaatopnames van 
Afrikaanse kunsliedere sing sy die "Vier Weemoedige Liedjies" begelei deur Victor Graf van Wene.

  Baie van ons beroemde sangers het by geleentheid met hulle sanguitvoerings in die buiteland 'n lied of twee in Afrikaans gesing. Joyce 
Barker   het graag S. le Roux Marais se werke gesing, en Dawie Couzyn   se vertolking van "Op my ou ramkietjie" as toegif was 'n treffer. 
Hanlie van Niekerk   het ook Afrikaans in die buiteland gesing.

Besoekende sangers het al op hul toere hier liedere in Afrikaans gesing. So het Ivan Rebroff, die bas,   op Stellenbosch "Op my ou 
ramkietjie" gesing en dit aangekondig as 'n tradisionele lied -- min wetende die komponis, Jan Bouws,   sit in die gehoor.

Die Skotse tenoor Kenneth McKellar   se weergawe van "My hart verlang na die Boland" was 'n wenner.

Die meeste van hierdie besoekende kunstenaars het die liedere dan oorsee gebruik as 'n voorbeeld van 'n "rare" taal aan die suidpunt van 
Afrika.

Vir die wydste bekendstelling van Afrikaanse liedere moet ons dankie s aan die talle kinder-, jeug- en volwassene-kore wat deur die 
buiteland toer. Afrikaanse liedere word met toejuiging en nuuskierigheid begroet. Ek onthou dat ons saam met Betty Pack   se jeugorkeste in 
Israel by die Rubin Musiekakademie deur die Joodse leerlinge gegroet is met "Vaarwel my eie soetelief".

Baie van ons gewilde sangers van ligte musiek, soos Laurika Rauch,   Jannie du Toit en   Steve Hofmeyr,   het in Europa Afrikaanse 
luisterliedjies gesing en selfs opnames gemaak wat oorsee gaan.

Dus, Afrikaans word wel oorsee gesing.

S wie? S ek.

Joubero Malherbe   is 'n bekroonde kultuurbevorderaar, veral bekend om haar radioprogramme. Haar jongste publikasie is Refrein,   uitgegee 
deur Unisa.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5119.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

